Hoe om jouself te leer hekel....
- hekelidees
- May 17, 2017
- 2 min read
Ja, dit is moontlik om jouself te leer hekel - ek het - en dit is werklik nie so moeilik nie.
Daar is tonne "How to" YouTube videos en stap vir stap aanswysings op die web beskikbaar. En dit is basies hoe ek myself geleer het, en glo my vandat die hekel-gogga gebyt het, is ek verslaaf daaraan.
Hier volg n paar handige wenke om jou aan die gang te kry.
Eerstens, benodighede:
n Hekelpen (4.5mm of 5mm is n lekker standaard grootte) en Wol. Oorskiet wol, of wol wat jy kan “mors”. Ek sal voorstel om nie met swart of donker wol te begin nie. Ligter kleure is makliker om te hekel aangesien jy die steke beter kan sien.
Tyd
Geduld – BAIE geduld!
Voordat jy die verskillende hekelsteke leer, moet jy weet hoe om die pen vas te hou en die wol te beheer. In hekel word albei hande gebruik, met die regter wat die meeste werk doen. Die linkerhand hou die draad vas en beheer spanning.
Daar is nie regtig n regte of verkeerde manier om jou pen vas te hou nie. Jy kan dit soos n potlood of mes vashou – wat ookal vir jou die gemaklikste "voel" - met die haak van die naald wat na onder wys:

Die linkerhand beheer die vloei van die draad en die vingers beheer die spanning.
Die twee maniere wat vir my die beste werk is om die draad met my pinkie vas te knyp soos in figuur A of die draad om my pinkie te draai, oor my ringvinger, onder my middelvinger en oor my wysvinger te vou soos in figuur B

Om te begin:
Beginknoop:
(Engels: Slip Knot)
Elke hekel projek begin met n beginknoop. Hierdie knoop is nie n steek nie
en moet ook nie as n eerste steek getel word nie.
Gaan soos volg te werk:
Vorm n lus deur die end van die draad, of die beginpunt onder deur die langdraad (a) te vou:

Steek jou hekelpen deur die lus en vang die lang draad met die haak van jou pen vas (Figuur 1)
Trek jou pen deur die lus en …. Ta-Daaaaaa… n beginknoop is gevorm!

Die aanvang van elke hekelprojek is die kettingsteek
Kettingsteek (ks)
(Engels: Chain Stitch (ch))
Met jou hekelpen in die lus (beginknoop), druk jou pen onderdeur die langdraad van jou wol (Figuur 1), haak die draad vas en trek deur die beginknoop (lus) …..

VOILA!!
= 1 kettingsteek
Hou aan om die haak onder die langdraad te druk, die draad met jou pen vas te vang en deur die steek (lus) wat op jou pen is te trek om jou volgende kettingsteke te vorm.
Maak 'n lang ketting en tel die steke soos jy aangaan.

ONTHOU: Moenie die beginknoop of die lus op die hekelpen tel nie.
Hou aan oefen (dit is waar die tyd en BAIE geduld inkom) totdat al die kettingsteke om en by ewe groot is.
Comments