Hekel is TERUG!
- hekelidees
- May 8, 2017
- 1 min read
Ek het die liefde vir hekel ontdek!
Ek moet erken – ek was nog altyd neusoptrekkerig vir enige iets wat naastenby lyk of daar n hekelnaald in die skeppingsproses betrokke kon wees! Nie dat ek my vroeër dae se hooghartigheid wil verdedig nie, maar wie sal ooit die langbeen poppe se gehekelde rokke, wat gedien het as toiletrol bedekking, op ouma se toiletbak kan vergeet? Of die babapienk en wit tissueboks oortreksel op haar bedkassie?
Maar helaas! Dit, my mede kunsvlyters, is nou slegs n herinnering in die verre verlede.
Deesdae is hekel 'n hele nuwe wêreld gevul met kreatiewe, innoverende patrone en 'n paar warm nuwe tegnieke soos vingerhak en armbrei. Selfs piepklein amigurumi-speelgoed, 'n gewilde Japannese hekelkuns wat die oulikste karaktertjies tot lewe bring.
Jip, daar is defenitief n hekel herlewing wat die handwerk gemeenskap aan die gons het, want soos ouma se Tretchikoff is hekel nou “cool” ....








Comments